Monday, April 19, 2010

Afrikaans se amptelike status

http://www.praag.co.za/menings-magazine-196/kommentaar-magazine-197/7828-afrikaans-se-amptelike-status.htmlasset funds

Wednesday, July 22, 2009

Vandag is GRA-dag PDF Druk E-pos
Geskryf deur Laurie Rautenbach
Woensdag, 13 Augustus 2008
Digg!

Image
GRA-wapen
14 Augustus is inderdaad ʼn uitstaande baken op die pad van die Afrikanervolk. Dit was op 14 Augustus 1875 dat die Genootskap van Regte Afrikaners gestig is. Dit was hoegenaamd nie ʼn volksbeweging wat daartoe aanleiding gegee het nie. Inteendeel, dit was slegs ʼn paar begeesterde en doelgerigte manne wat die taak op hulle skouers geneem het.

Hoekom was dit nodig dat ʼn liggaam soos die GRA gestig moes word? Kom ek skets baie kortliks die faktore wat daartoe aanleiding gegee het.

In 1652 stig Jan van Riebeeck die verversingspos aan die Kaap. Al gou verander dit van ʼn verversingspos na ʼn kolonie waar mense uit Europa hulle kom vestig. Dit was hoofsaaklik mense uit Holland en Duitsland. Vir byna 150 jaar bly die Kaap ʼn Hollandse kolonie. Gedurende hierdie 150 jaar het daar meer Duitsers na die Kaap gekom as al die ander immigrante uit die ander lande tesame, Hollanders inkluis. In 1688 kom die Franse Hugenote. Hulle grootste bydrae was hul godsdienssin, hul kennis van wynbou en die vanne soos Du Plessis, Marais, Delport en De Villiers.

In hierdie 150 jaar het die boere bekend as die Vryburgers, al hoe verder ooswaarts, weswaarts en noordwaarts beweeg, maar veral ooswaarts. Die verbinding met die moederkolonie Holland was uit die aard van die saak baie swak. Daar was nie boeke, koerante of skole nie, met die gevolg dat die taal, veral dié van die Vryburgers, begin verander het van Hoog Hollands na die sogenaamde Kaapsch Hollands. Hulle het dus nie meer suiwer Hollands gepraat nie, maar ʼn vereenvoudigde weergawe daarvan.

In 1795 word die Kaap vir die eerste keer deur Engeland verower en in 1806 vir die tweede keer. In 1814 word die Kaap ʼn permanente Engelse besetting. Die veroweraar het nou toestande in die lewe geroep wat die voortbetaan van die Hollandsprekendes as ʼn aparte nasie met ʼn eie taal bedreig het. Nederlands was toe nog die amptelike taal van die staat, die kerk, die Bybel, die skool en die platform. Die spreektaal was Afrikaans, toe nog genoem Kaapsch Hollands. Met die geringe skoolopleiding van daardie dae kon niemand Nederlands werklik magtig word nie en in briewe en toesprake is die verafrikaanse vorm gebesig. Dit was die natuurlike proses waartydens die spreektaal nog nie tot kultuurtaal verhef is nie.

Die Engelse veroweraar was van plan om van die Kaap ʼn Engelse kolonie in die ware sin van die woord te maak. Dit moes geskied langs die weg van verengelsing van alles en almal en die taal wat tog maar die nasieskap bepaal, moes dit eerste ontgeld.

Wat die staat aanbetref, kom daar op 5 Julie 1822 die volgende belangrike aankondiging: Na 1 Januarie 1823 moet alle amptelike stukke aan die goewermentsekretaris in Engels wees. Na 1 Januarie 1825 moet alle dokumente in Engels wees. Na 1 Januarie 1827 sou Engels die enigste amptelike taal van die geregshowe wees. Die taal van 90% van die bevolking is daarmee uit die regswese verban. As gevolg daarvan sou daar duur betaal moes word vir ʼn tolk in enige regsproses. Dit was dan ook een van die redes vir die Groot Trek, volgens Piet Retief se manifes.

In 1826 word die riksdaalder, skelling en oulap vervang deur pond, sjieling en pennie. Wat die kerk aanbetref, is die verengelsingsbeleid ook aktief toegepas Predikante is deur die staat betaal. Vanaf 1822 word ʼn aantal Skotse predikante ingevoer. Die sinode besluit in 1834 dat daar gestreef moes word om Engels in sommige van die eredienste te gebruik. Onder die voorwendsel om dit aantrekliker te maak vir die jong mense en om Engelse na die dienste te lok, is die aanddienste in Kaapstad, Worcester en Stellenbosch in Engels gehou. Ook die liedere het afgewyk van die Psalm- en Gesangeboek. Kerke in die platteland het gelukkig vry gebly van die invloede. Suiwer Boerekultuur het hier behoue gebly.

In 1809 het ʼn sekere Collins gesê: “Import English teachers and the next generation will be English.” In 1822 word Skotse onderwysers ingevoer en in elke dorp ʼn staatskool gestig. Vir die grootste deel van die bevolking was die skool egter net ʼn middel om die kinders Hollands te leer lees en skryf, sodat hulle die Bybel kon lees en uit die katkisasieboek kon leer. Waar die staatskole nie in hierdie behoefte kon voorsien nie, is van privaatonderrig gebruik gemaak en teen 1830 loop die staatskole feitlik leeg.

In 1839 gee die owerheid ʼn bietjie toe. Die kinders kon nou Hollands as vak neem as die ouers dit verlang. Verder sou alles Engels wees. In sommige dele van die land het die mense begin tevrede raak met die toestande sodat daar byvoorbeeld in Colesberg nie een leerling was wat Hollands as vak wou neem nie.

Verengelsing het stadigaan sy kloue begin inslaan in die volkslewe. Die siening was: Laat die kinders maar Engels leer, Hollands kom vanself. Die Afrikaners het begin minderwaardig voel. In die klaskamer is hulle gekonfronteer met die grootheid van die Britste ryk, ʼn ryk waaroor die son nooit ondergaan nie. Op die skoolterrein moes hulle net Engels praat. Dieé wat oortree het, is swaar gestraf. Hulle moes die Dutch Mark dra en honderde reëls uitskryf, soos “I must speak English”.

In 1870 tipeer CP Hoogenhout, ʼn digter bekend as Jan wat versies maak, die toestand soos volg: “Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy siet en hoor. In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor.” In 1870 hoor ons vir die eerste keer dat mense van Afrikaans praat en dit kan beskou word as erkenning vir Afrikaans as selfstandige taal in teenstelling met die ou opvatting dat dit ʼn soort Hollands is.

Daar tree nou ook manne na vore wat hulle daadwerklik vir Afrikaans beywer. Onder hulle staan Hoogenhout, Pannevis en SJ du Toit uit. Pannevis en Hoogenhout skryf ʼn Afrikaanse Volkslied wat verafrikaans word deur SJ du Toit en DF du Toit:

“ʼn Ider nasie het syn Land

Ons woon op Afrikaanse strand

Vir ons is daar geen beter grond

Op al die wye wêreld rond

Trots is ons om die naam te dra

Van kinders van Suid-Afrika

ʼn Ider nasie het syn Taal

Ons praat van die Kaap tot in Transvaal

Wat almal maklik kan verstaan

Wat gaan die ander tale ons aan

Ons praat soos Pa en Oupapa

die landstaal van Suid-Afrika.”

Pannevis wou graag die Bybel in Afrikaans vertaal, maar die algemene opvatting was dat die tyd nog nie ryp was vir so ʼn gewigtige stap nie. Die Afrikaners moes eers taalbewus en nasiebewus gemaak word. Dit was dan ook die ideaal van die stigters van die GRA wat op 14 Augustus in die huis van Mnr. Gideon Malherbe in die Paarl vergader het. Die taalmonument is later op hierdie plek opgerig. Op daardie dag is die GRA dan ook amptelik gestig.

Teenwoordig was:

CP Hoogenhout, Voorlopige Voorsitter, 32

August Ahrbeck, voorlopige sekretaris, 24

Ds. SJ du Toit, predikant, 27

DF du Toit, onderwyser, 29

DF du Toit, wynboer, 25

PJ Malherbe, wynboer, 22

Opvallend is hulle jeug, hul baie sterk godsdienssin en hulle geloof. Elke hervormer is ʼn geloofsheld wat glo dat die onbestaande moontlik sal word. Die doel en strewe van die GRA was: Om te staan vir ons TAAL, ons NASIE en ons LAND. Op al hulle vergaderings en in alle amptelike stukke moet die Afrikaanse taal gebruik word.

Die belangrikste publikasie van die genootskap was ʼn koerant met die naam Die Patriot. Die Patriot maak op 15 Januarie 1876 sy eerste verskyning. Dit was aanvanklik ʼn maandblad wat 50 sent per jaar gekos het. In 1877 word dit ʼn weekblad. Vanaf 1878 is DF du Toit die redakteur, bekend as Oom Lokomotief. Die Patriot is wyd gelees tot in Transvaal en die Vrystaat en het reusewerk verrig in die belang van Afrikaans in die ou Kolonie.

Image

SJ du Toit, in ʼn politieke frontverandering, kies kant vir Rhodes met die Jameson-inval in 1896 en kritiseer president Kruger. Die intekenare daal en Die Patriot sterf ʼn finansiële dood. Die Tweede Vryheidsoorlog speel ʼn groot rol hierin.

Ná die oorlog vlam die taalstryd weer op en kom die 2de Taalbeweging aan die gang. ʼn Mens voel maar klein as jy daaraan dink wat andere vir Afrikaans gedoen het, maar terselfdertyd behoort dit ʼn ieder en ʼn elk aan te vuur om ook vandag sy deel te doen. Gedurende hierdie tyd was daar manne wat ʼn reusestryd in belang van Afrikaans gevoer het. Ek sonder enkeles van hulle uit:

O, koud is die windjie en skraal

En blink in die doflig en kaal

So wyd as die Heer se genade

lê die velde in sterlig en skade

En hoog in die rande

Versprei in die brande

Is die grassaad aan roere

Soos winkende hande

O teurig die wysie op die ooswind se maat

Soos die lied van ʼn meisie in haar liefde verlaat

In elk’ grashalm se vou

Wink ʼn druppel van dou

En vinnig verbleek dit tot ryp in die kou!

Die gedig “Winternag” bewys dat Afrikaans ook die draer van die diepste gevoelsuitinge kan wees. “Winternag” is inderdaad ʼn keerpunt in die stryd vir Afrikaans. Dink daaraan dat die taal onveranderd gebly het soos die gedig in 1905 neergeskryf is!

Ek dink aan dr. DF Malan wat so ʼn groot bydrae gelewer het tot die amptelike erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925. “Bring bymekaar almal wat bymekaar hoort uit innerlike oortuiging.”

Ek dink aan die politieke en vreeslose taalheld, CJ Langenhoven, wat die geleenthede om Afrikaans in die parlement te bevorder, goed gebruik het. Hy is natuurlik die skepper van “Die Stem”. Sy humor en satire is tot vandag toe vir sy lesers ʼn bron van plesier. Dis hy wat by geleentheid in die Parlement gesê het: “Die helfte van die parlementslede is bobbejane.” Natuurlik moes hy die opmerking terugtrek. Hy doen dit met die woorde: “Die helfte van die parlementslede is nie bobbejane nie!”.

Deur sy pittige en soms ernstige skryfwerk, het hy Afrikaans geweldig bevorder. Een van sy sêgoed het my as jong seun diep beïndruk en ʼn rigsnoer in my lewe geword. Afrikaans is my pêrel van grote waarde waarvan dit ʼn goedkoop prys sou gewees het as ek tot die betaling daarvan geroepe sou gewees het om al my besittings af te staan. Toe dit goed met ons gegaan het, het ek nooit daaraan gedink nie. Vandag het daardie woorde weer besondere betekenis verkry.

Ek haal nog ʼn taalheld aan, Jan FE Celliers:

Ek hou van ʼn man wat sy man kan staan

Ek hou van ʼn man wat ʼn slag kan slaan

ʼn oog wat nie wyk, wat ʼn bars kan kyk

en ʼn wil wat so vas soos ʼn klipsteen staan

Ek hou van ʼn man wat sy moeder eer

In die taal uit haar vrome mond geleer

En...

Daar is vandag vele wat redeneer oor wie die Afrikaner en wat die herkoms van Afrikaans is. Die swart mense in Mosambiek praat Portugees, maar dit maak hulle nie Portugese nie. Baie van die inwoners van Sentraal-Afrika praat Frans, maar dit maak hulle nie Franse nie. Baie kleurlinge in Suid-Afrika praat Afrikaans, maar dit maak nie van hulle Afrikaners nie.

Op grond van my kennis van die Afrikaanse, Nederlandse en Duitse grammatika en letterkunde kan ek met groot oortuiging sê dat Afrikaans ʼn suiwer Germaanse taal is. Die storie dat Afrikaans ʼn produk van die slawe en die Hottentotte aan die Kaap is, is absolute snert, al sê watter hooggeleerde professor dit ookal. Daarvoor is die Afrikaanse grammatika ʼn bietjie te ingewikkeld.

Natuurlik is daar leenwoorde uit die Bantoe-tale, uit Maleis, Portugees en uit Khoisan. Daar is ook leenwoorde uit Engels en Frans, maar dit is min en beperk tot selfstandige naamwoorde en bywoorde. Elke taal het sulke leenwoorde. Die werkwoord, die hart van enige taal, en die sintaksis is onaangeraak deur vreemde invloede – dis suiwer Germaans.

Ons spreekwoorde kom uit Nederland en Duitsland, byvoorbeeld: Je Kahler der Junker desto ärger der Prunker - in Afrikaans - Hoe kaler jonker, hoe groter pronker. Hierdie spreekwoord kom uit die ou Oos-Pruise, die mees oostelike provinsie van die Duitse ryk.

Huidig lewe ons weer te midde van ʼn erge taalstryd. In baie opsigte is dit veel erger as aan die begin van die vorige eeu. Dit is wel waar dat geen taal uitgeroei kan word, tensy die hele volk wat die taal praat, uitgeroei word nie. Dit is die goeie nuus, maar die slegte nuus is dat ʼn volk nie net fisies vernietig kan word nie, maar ook geestelik.

In hierdie situasie is daar geen beter hoop of troos of raad as CJ Langenhoven se laaste strofe van Die Stem nie:

Op U almag vas vertrouend het ons vadere gebou

Skenk ook ons die krag, o Here om te handhaaf en te hou

Dat die erwe van ons vaadre vir ons kinders erwe bly

Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou o Heer

Met ons land en met ons nasie, sal dit wel wees God regeer.

Stig eie Afrikanerbedrywe, sonder SEB PDF Druk E-pos
Geskryf deur Johan Schoeman
Dinsdag, 21 Julie 2009
Digg!

Daar heers tans 'n lewendige debat op Praag se webtuiste oor die toekoms van 'n Afrikanerleefwyse en -kultuur in die huidige opset in Suid-Afrika. Ek maak graag 'n paar opmerkings in dié verband.

Afgesien van 'n kern "suiwer" blanke Afrikaners - van wie heelwat aan die bogenoemde debat deelneem of dit ten minste op die webstuiste lees - hoeveel meestal Afrikaanssprekende blankes koester dieselfde hoop en doelwitte vir die herwinning van ons eie kultuur en identiteit? Ken hulle hulle volk se geskiedenis en prestasies? Die wêreld is besig om al hoe meer homogeen te raak waar almal Levi-denims dra, MacDonalds eet en Bold and Beautiful op TV kyk. Die opdringerige globale media skep 'n al meer homogene samelewing waar unieke kultuuridentiteite besig is om te vervaag en saam te smelt. In 'n samelewing waar ekonomiese oorlewing en gemeenskapskonformiteit al hoe belangriker raak, hoeveel mense gaan opstaan, die opofferings maak en saamtrek in 'n eie rigting wat vir die Afrikaner weer hoop gaan gee? Daar is die mense wat sal, maar daar is meer waarvoor die kool nie die sous werd is nie. Wat is die baken waarom alle Afrikaners kan verenig? Waar is die helde wat kan opstaan en leiding gee en waarop 'n nasie kan trots wees? Waar is die mense vir wie eie gewin onbelangrik is, vir wie nasiebou en volk en vaderland alles is. Wat die opofferings vir 'n groter saak sal maak? Dit raak al laat dat hulle te voorskyn moet kom.

Die moderne samelewing is op gemaksug gebou: kitskos, mikrogolfoonde, selfone en die internet. Swaarkry, eelte op jou hande en sweet op jou voorkop is vir die meeste mense heel vreemde konsepte. Die ergste swaarkry is as die krag af is en jy nie TV kan kyk nie of jy nie 'n selfoonsein het nie. Met so 'n lamlendige groep kan mens mos nie 'n oorlog wen nie of hoe? Voordat daar nie 'n algemene besef is dat oorwinning uit opoffering spruit, gaan daar bitter min vordering wees. En voordat daar nie 'n nuwe algemeen aanvaarde doelwit is, 'n doelwit wat haalbaar is, wat mense aangryp en opgewonde maak en waaraan doelgerig gewerk en nagestreef word, gaan 7de Laan nog steeds die opwindendste item op meeste mense se program wees.

Solank daar nie 'n werkbare alternatief vir die huidige onderwysstelsel is nie, gaan die Afrikanervolk deurgaans verswak. Die kommuniste is uitgeslape en dis nie verniet dat hulle Afrikanerjongelinge deur middel van 'n verwronge onderwysstelsel volgens hulle eie siening opvoed nie. Ons is besig om ons kinders aan 'n voksvreemde moondheid te oorhandig. Die tragedie hiervan is dat die Afrikanervolk nog met geen alternatief vorendag gekom het om hierdie misvorming van die jong Afrikanerverstand teen te staan nie. Waar is ons Afrikaneropvoedkundiges, waar is ons intellektuele, waar is ons akademici? En as hulle nie self in die bres sal tree nie, waar is dan bloot net die entrepreneurs wat hierdie smag na 'n eie onderwysstelsel op 'n kapitalistiese wyse kan bevredig? As ons nie eienaarskap van ons kinders en hulle opvoeding kan terugneem nie, is daar 'n skrale hoop op sukses. Ek meen dis hier waar ons ernstigste behoefte lê, dis ons belegging in ons volk se toekoms en die kommuniste het dit van ons, willens en wetens, afgeneem.

Die term "drastiese aksie" is al in bogenoemde debat gebruik. Drastiese aksie sluit in die stigting van eie Afrikanerbedrywe, sonder SEB, die sluit van besigheidskontrakte met enersdenkende maatskappye, die steun van die besighede deur die breë publiek, die bedryf van etiese besighede deur sakemanne wat hul volk se saak op die hart dra. Dit sluit ook in die uitsluit van volksvreemdes uit die "eie ekonomie", 'n tipe Afrikaner- regstellende aksie waar daar net werk en geleenthede vir Afrikaners en enersdenkendes is. Ek wil weereens weet waar is ons nyweraars, ons sakemanne, ons wetenskaplikes, entrepreneurs en finansiers? As Mammon sy kloue al so diep in hulle geslaan het dat geld hulle god geraak het, is dit reeds laat in die dag vir ons volk. Hoekom ondersteun die breë Afrikaner nie 'n eie koerant nie, of is Huisgenoot deesdae die alfa en die omega van die Afrikaanse media?

Voordat die breë samelewing, die Afrikanerman op straat, nie met die strewe na 'n eie identiteit van ons volk kan identifiseer nie, gaan die afdraande pad waarop ons as volk tans verkeer nie verander nie. Uit eie betrokkenheid met verskeie vrywilligerinstansies is dit vir my duidelik dat die gewone persoon maar heel apaties staan teenoor "die groter saak". Dis 'n opdraande stryd om mense te mobiliseer en van denkwyse te laat verander. Indien ons as Afrikaners nie beheer oor die opvoeding van ons kinders en die media gaan verkry nie, gaan die pad vorentoe maar lank wees.

PRAAG verdien volpunte vir sy onbaatsugtige diens wat hy in hierdie verband lewer. Die alternatiewe sienswyses en standpunte wat hy lewer is vir ons volk lewensbelangrik. Lesers kan gerus hierdie artikels so wyd as moontlik versprei sodat hierdie webtuiste inderwaarheid as teenvoeter vir Naspers se snert kan dien.

Is huidige onluste die voorspel tot revolusie? PDF Druk E-pos
Geskryf deur Dan Roodt
Dinsdag, 21 Julie 2009
Digg!
Image
Iets merkwaardigs is op die oomblik besig om in Suid-Afrika te gebeur. Vir die eerste keer in dekades vind skynbaar spontane onluste onder die swart bevolking in hul woonbuurtes plaas. Ons moet onthou dat vorige onrusepisodes, in die sewentiger- en tagtigerjare onder die vorige bewind, met honderde miljoene dollar vanuit die buiteland aangestook is.

Trouens, in Suid-Afrika is iets soos "spontane onluste" eintlik 'n non sequitur. Maar tensy die Sweedse regering, die Anglikaanse kerk, Wêreldraad van Kerke of die Britse of Amerikaanse geheime diens soos in die verlede weer besig is om opstand teen die regering aan te blaas, vind daar vandag iets baie ongewoons plaas. Swartmense betoog en pleeg openbare geweld uit protes, nie omdat hulle ideologies vanuit Londen of Stockholm gemotiveer en - belangriker - befonds word nie, maar vanself!

Hierdie feit van spontane onluste bevat 'n belangrike boodskap wat nie geïgnoreer kan word nie. Moontlik - selfs, waarskynlik - staan Suid-Afrika op die vooraand van die gewelddadige revolusie van die Afrikatipe wat al dikwels vir die land voorspel is maar nog nooit gematerialiseer het nie.

Dít waarvan De Tocqueville in sy beroemde ontleding van die Franse revolusie praat, die sogenaamde "revolusie van stygende verwagtigings" is besig om sienderoë in Suid-Afrika te gebeur. Volgens De Tocqueville, pleeg arm mense wat aan gebrek en hongersnood lei nie revolusie nie (anders as wat ons aldag deur die alwetende joernaliste in ons hopelose koerante vertel word). Die kiem van revolusie word juis gesaai as 'n voorheen ondergeskikte klas (of ras, in ons geval) se lewensomstandighede verbeter. Die opheffing van ekonomiese en finansiële sanksies, asook 'n gunstige wêreldekonomie, het sedert 1994 tot die langste opwaartse ekonomies siklus ooit in die land gelei. Hoewel werkloosheid hoog gebly het, het die rekordbelastinginkomste van die staat aan die ANC-bewind die moontlikheid gebied om 'n welvaartstaat op die Europese model in te stel waar tot 13 miljoen mense vandag een of ander vorm van toelaag van die staat ontvang.

Terselfdertyd het die ANC met sy praatjies van "'n beter lewe vir almal" verdere verwagtings geskep dat daar inderdaad en binnekort werklik so 'n lewe sal aanbreek, waar die gemiddelde swarte as't ware by die klub van SEB-miljardêrs kan aansluit. Trouens, in die ou Suid-Afrika het die verskil tussen ryk en arm geen revolusionêre potensiaal geskep nie, want blankes het tot 'n ander kultuur en 'n ander orde behoort. Diegene wat apartheid as 'n soort feodale stelsel getipeer het, was in dié opsig nie ver verkeerd nie en ons weet dat feodalisme eeue lank in Europa sonder veel kritiek of teenstand verdra is.

Die gesig van 'n middelklasblanke in die ou Suid-Afrika wat in sy toentertydse Volkswagen-kewer klim om na sy middelklashuis in 'n blanke woonbuurt te ry, het geen woede of nyd by die breë massas swartes ontketen nie. Slegs die verpolitiseerde elite wat deur die radikale kliek aan die stuur van die anti-Suid-Afrika-veldtog aagehits is, het om bloed geroep en met die reusepropagandamiddele tot hulle beskikking revolusie gepredik. Weereens, dat daardie revolusie desnieteenstaande hul geld, internasionale invloed en beste pogings nie plaasgevind het nie, spreek boekdele aangaande die maatskaplike toestande wat destyds geheers het.

Aan die ander kant word die gemiddelde inwoner van 'n sogenaamde "township" of lokasie vandag gekonfronteer met die sogenaamde "swart diamante", die nuwe swart nomenklatoera wat op die rug van die politieke magsoorname en plundering van staatsbates, regstellende aksie en rykwordskemas bekend as "swart ekonomiese bemagtiging" ontstaan het. Enkele duisende swartes is "bemagtig" en verryk, maar die massa moes meesal sonder werk met 'n aalmoes in die vorm van toelaes klaarkom.

Die gewone swarte op straat sien, terwyl hy soos 'n sardien in die taxi ingeryg en vasgedruk sit, die huidig bevoordeeldes verby hom ry in hul luukse blinkswart sedans; hy neem waar hoe hulle sorgvry in die winkelsentrums alles koop wat hulle begeer, dikwels op skuld wat die banke maar te graag aan hulle toestaan. Sal dit ons verbaas as Jan Alleman in sy lokasie waar die lewe maar min of meer soos tydens apartheid sy gang gaan, verraai voel? Op die TV is daar aan hom vertel dat hy aan 'n grootse "bevrydingstryd" deelgeneem het. Nie net het hy daardeur abstrakte "vryheid" en "demokrasie" - begrippe waaroor dooie wit mans al honderde jare lank dik boeke geskryf het - verkry nie, maar ook die reg om as globale verbruiker saam met sy bevoordeelde medeswartes aan die SEB-partytjie te mag deelneem.

Voeg hierby stygende energie- en voedselpryse, asook die staat wat skielik 'n afname in sy belastinginkomste ondervind wat sy welvaarstelsel toenemend gaan bemoeilik en ons het - om nou 'n cliché te gebruik - 'n resep vir revolusie.

Waarskynlik vind daar op die oomblik meer onluste en openbare geweld as gedurende die bewind van PW Botha plaas. Die verskil is egter dat die BBC en die Britse pers dit nie aan die groot klok hang nie. Onluste onder blanke minderheidsregering is voorbladnuus, maar onluste of selfs burgeroorlog in Afrika onder swart regerings is niks om oor huistoe te skryf nie. En natuurlik weet die Britse en Amerikaanse regerings, asook die horde linkses en liberales in Suid-Afrika wat hul multikulti-ideologie klakkeloos napraat, veel beter as ons hoe om hierdie dinge te "bestuur".

Die Anglo-Amerikaanse slimjanne wat vir ons suksesse soos 'n "demokratiese" Zimbabwe en Kenia met die wonderlike stabiliteit en voorspoed in daardie lande geskep het, gaan in elk geval nie lees wat ek hier in Afrikaans skryf nie. Dus wil ek myself tot ander "dom Boere" soos ekself rig. Behalwe dat ons oor 350 jaar se ervaring van ons kontinent en sy "donker oog" (Laurens van der Post) beskik, lees ons ook al jare lank die groot filosowe en politieke denkers. Vir die Britte en sekerlik vir hul napraters soos die liberale Kaapse maatskappy genaamd met die ontoepaslike naam van "Nasionale Pers" is ons "dom", maar self is ons nie onder kalkoene uitgebroei nie.

Enigeen wat bietjie terugstaan en hom afvra wat nou eintlik aan die gang is met die huidige onluste rondom sogenaamde "dienslewering", kan net bekommerd raak. "Dienslewering" is 'n kodewoord vir die gunste en gawes van die welvaartstaat wat veronderstel is om die stemme en berusting van die swart massa af te koop terwyl hul broers in die party en in die comprador-burgery van Johannesburg soos varke in die Gucci-en-BMW-trog smul.

Nóg die ANC-staat, nóg sy korrupte amptenary wat nie in staat is om papier in die naaste fotokopieerder te hou nie, beskik oor die vermoë om hoegenaamd die Suid-Afrikaanse welvaartstaat in bedryf te hou. Weens die komende begrotingstekorte, asook die inploffing van munisipale en staatstrukture onder die gewig van regstelling en grypsug, gaan "dienslewering" nie plaasvind nie. En diegene wat dink dat Trevor Manuel se nuwe Stalinistiese beplanningsdepartement 'n jota verskil gaan maak, moet weer dink. Finansies is die maklikste departement om te bestuur. Solank die Ontvanger van Inkomste se rekenaarstelsel werk, sorg die privaatsektormaatskappye se ouditeure dat hul belastings op datum bly. Manuel is net so 'n hopelose en bose linkse warkop soos die res van die oud-terroristiese narre in die ANC en sy "suksesvolle" tydperk as minister van finansies bewys net mooi niks.

Die Afrikaner se ondergang was, met die uitsondering van plaasmoorde en geweldsmisdaad, tot dusver redelik geweldloos. Maar die huidige onluste en onstabiliteit skep die potensiaal vir wanorde en geweld soos wat ons in dié land nog nie gesien het nie.

Enigiets kan gebeur en afgesien van oorblyfsels uit die ou stelsel soos 'n paar Casspirs en 'n hand vol blanke polisiemanne wat nog nie uit die stelsel gesuiwer is nie, is daar niks om 'n groot skare wat op loop gaan te stuit nie. Die potensiaal vir onluste, plundery en 'n algemene verval in wet en orde - kortom, vir revolusie - was nog nooit so hoog soos nou nie.

Elke regdenkende Afrikaner behoort sy wapen/s byderhand te hê, met die maksimum wettige (en dalk onwettige) hoeveelheid ammunisie om hom en sy gesin te kan beskerm indien dinge, soos hulle sê, handuit ruk. 'n Voorraad kos en water en ander basiese lewensmiddele spreek ook vanself. Begin maar weer blikkieskos opgaar. In 1994 was dit nie nodig nie, want toe was daar nog blanke amptenare en het die staatsdiens, polisie en weermag gefunksioneer. Danksy transformasie en alles wat daarmee saamhang, geniet ons in 2009 geen staatsbeskerming meer nie. En as jou liberale bure vir jou lag, laat hulle maar lag. Liewer Bangjan as Dooiejan. Regoor die wêreld tref mense voorsorg vir onverwagte gebeurlikhede; om op die onsekere toekoms voorbereid te wees, is die kenmerk van 'n beskaafde mens.

Ons is letterlik op onsself aangewese.

Waarheen hierdie kranksinnige samelewing op pad is, sal net die tyd leer. Intussen bou die onweerswolke op. Die graad van geweld in Suid-Afrika is reeds hoër as in vele oorloggeteisterde gebiede soos Irak of Afghanistan. Met die politieke dimensie wat nou bykom in die vorm van gewelddadige onluste rondom "dienslewering", beweeg ons al hoe nader aan die rand van die soort totale verval in geweld en wanorde wat tradisioneel heet: revolusie.

Friday, June 26, 2009

Facebook toets nuwe tegnologie
http://praag.co.za/content/view/5143/275/
PDF Druk E-pos
Geskryf deur verslaggewer
Vrydag, 26 Junie 2009
Digg!
Facebook toets tans nuwe privaatheidsbeheermaatreëls wat sy sowat 200 miljoen gebruikers in staat sal stel om te besluit wie sien elkeen van hul persoonlike opdaterings.

Facebook het eergister bekend gemaak dat die opsie gebruikers in staat sal stel om hul opdaterings vir spesifieke groepe vriende pas te maak, byvoorbeeld ’n gebruiker wil almal laat weet hoe hy oor die weer voel, maar net sekere mense laat lees van sy wilde gefuif die vorige nag.

Die nuwe privaatheidsbeheermaatreëls is aanvanklik net sekere Facebook-gebruikers beskore.

Sunday, August 3, 2008

Afrikaanse nuus

Welkom by Afrikaanse nuus